Die Son Kom Stadig Op
DIE SON KOM STADIG OP
Sing vir my ‘n lied
dat ek kan verstaan
waarom draai die lewe
as dit stil gaan staan
By die venster wag die son
op ‘n helder oggenduur
wat sal daardie dag nou bring
sal dit die lewe dalk versuur
Kan ek my oë oopmaak
en kyk wat vir my wag
‘n oomblik in die toekoms
dalk ‘n mooie dag
As die son se strale
op my gesig kom lê
sal ek vrede altyd vind
en U altyd ‘n antwoord hê
Stadig word dit nou
hier warm rondom my
U het my in U hande
sal my nou bybly
2004
Sylvia
poem by Sylvia Prinsloo
Added by Poetry Lover
Comment! | Vote! | Copy!
