Et Memoria [2]
Kom stap vanoggend deur my lewe
terwyl ons, ons gisters onthou,
‘n nuwe dag voor ons oopvou
en laat ‘n afdruk van jou
geskilder teen die seildoek van my gedagtes
want elke nuwe môre
word uit ons gisters gebore
en jy bly deel van my, al is
alles tussen ons nou verby,
sien ek jou in die glans van die son,
die dou wat blinkend op blare sit
en ek besef nou, dat liefde
in elke oomblik van onthou
weer van voor af begin
en hoe langsaam rek ek nog
oomblikke wat reeds verby is uit
asof dit altyd deel van my menswees is
maar ek is reeds daarvan bewus
dat dinge vêr by verby tussen ons is,
dat jy vanaand
hitte by iemand anders sal kry
asof ek, net nog
deel van ‘n dooie vlam is.
[Verwysing: Et Memoria deur Japie S. Strydom:
“Kom stap vanaand
deur my môre,
en blaai saam deur my drome,
teken jou liggaam hier
in my sagtebandboek aan,
want ons vandag is in gisters en more gebore:
jy is die ligflits van die son,
die môre-dag se dou;
‘n laat middag in my somer-drome,
‘n vroeë lente more –
Ek weet vanaand,
dat die dae van ons lewe (liefde?) ,
weer,
in elke nuwe onthou begin:
hoe langsaam het ek jou
[...] Read more
poem by Gert Strydom
Added by Poetry Lover
Comment! | Vote! | Copy!
