Click in the field, then press CTRL+C to copy the HTML code
(Afrikaans) Winter Hart
In die hartjie van die winter
in die winter van my hart
Lê ‘n leegte ongeneeslik
‘n Koue donker pad
Soos die storm wat hier buite dreig
die sneeu wat wit kom lê
Is daar koue in my lewe
is daar niks wat ek kan sê
Soos die winter windjie waai
en die wolke sneeu laat val
Is daar leegte binne my
‘n hol kol en dis al
Van somer soene
en sonskyn liefde
Na oë wat geen sins glans
as ek jou nie kan hê nie
sien ek vir niks anders kans
Die spasie waar jy pas
is in die holte van my hart
En niks sal ooit jou plek vat nie
niks behalwe smart.
poem
by
Carike Klokow
solid border
dashed border
dotted border
double border
groove border
ridge border
inset border
outset border
no border
blue
green
red
purple
cyan
gold
silver
black